Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wit leuens en Swart Dade

Wit leuens en Swart Dade
 
2011-05-19


DIE komedie Wit Leuens en Swart Dade is op 26, 27 en 28 Mei om 20:00 te sien by die Ou Meul-teater.

Hierdie opvoering deur die Ou Meul-teater Amateurdramaklub, is pret vir almal. Louise Reynders wen vir die eerste keer in haar lewe geld met ’n blokkiesraaiselkompetisie.

Sy het baie planne met hierdie geldjie en wil die hele huis opknap met R1 000. Haar geld strek egter glad nie so ver as die werk aan die huis nie - wat haar noop om vir al die vakmanne ’n ander storie te vertel om hulle simpatie (en ’n beter prys) te bewerkstellig.

Soos die noodlot dit wil hê, daag al vier van hulle gelyk by haar huis op - en om alles te kroon het haar man, Willem Reynders, onverwags huis toe gekom met ’n erge maagvirus.

Die akteurs is Karel Prins, Gwen Krynauw, Jannie Ras, Jaomi Zeeman, Mercia Prins en Jurie Prins. Fondse ingesamel, word aangewend vir toerusting vir die teater.

Kaartjies teen R50 kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za