Leefstylkalender
2011-05-19
* Pretdraf. Wellington Spar en CPUT bied aan ’n “Dress to Impress” 5km pretdraf/stap en basaar op 28 Mei ten bate van Silwerkruin-ouetehuis. Die wegspring is om 08:00 by Silwerkruin. Daar sal ook ’n rolstoelresies vir bejaardes wees. Die boeremusiekgroep Kaapse Affodille sal by die basaar optree. Inskrywingsvorms is vanaf 16 Mei te kry by Wellington Spar, CPUT kampus, Silwerkruin en die oggend van die pretdraf (06:30-07:00). Inskrywingsgeld is R20 (R10 vir studente en kinders). * Reünie. Op Saterdag 28 Mei om 10:00 hou Bergrivier Hoërskool se matrikulante van 1981 ’n reünievergadering by die skool om reëlings te bespreek. Kontak Anthony Carvernelis by 083-447-0309 of by 021-873-2301. * Toer. Die ATKV Wellington-tak bied hul jaarlikse toer na Sutherland en die groot SALT-teleskoop aan die naweek van 23 Julie. Plek is beperk, bespreek dus vroegtydig om die heerlike koue en asemrowende sterre-aand te ervaar. Koste vir die toer is R1100 per persoon wat verblyf en etes insluit. Bespreek by Marinda by 076-998-6140 of Herman by 082-3319-699. * Fun walk. The Qolothani Makhosikazi (work hard women) Social and Cultural Services, a non-profit organisation, will host their annual Breaking the Barriers fun walk (4km) on 28 May at 08:00 from the Mbekweni Thusong Centre. Entrance fee is R20 (R10 for children) and is payable at the departure venue on the fun walk day. Proceeds will go towards Mbekweni elders and chronically ill day-care services at Mbekweni Methodist Church Community Kitchen. Contact Dr Gcwalisile Cynthia Zulu-Kabanyane on 083-301-2470 or Ursela Thomas on 078-362-6003. * Braai. Die oud-studente van New Orleans Sekondêr hou ’n braai op 27 Mei vanaf 16:00 by die skool. Vir navrae, skakel Kerwin by 083-601-8611.
More
News
|