Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skryf markklaarwyne in

Skryf markklaarwyne in
 
2011-05-26


SA Terroir Wyntoekennings is die enigste wynkompetisie in Suid-Afrika waar die beste gebottelde markklaarwyne van gebiede gekeur word, benewens die nasionale wenners. Dit word moontlik gemaak deur die streng reëls (wyn van oorsprong) om aan die kompetisie te kan deelneem.

Elke bottel wat ingeskryf word, moet waarlik ’n spesifieke wynbougebied verteenwoordig in stede van al die druiwe wat aangekoop is van verskillende wyke, distrikte of streke. Inskrywings sluit 28 Junie.

By hierdie sesde jaarlikse wynkompetisie kan slegs wyne wat gesertifiseer is as ’n wyn van oorsprong van ’n wyk, landgoed of enkelwingerd ingeskryf word.

Die plaaslike wyke waarvan die top wyn van elke kultivar en die top rooi en wit versnit deur die paneel van sewe beoordelaars aangewys gaan word, is Paarl, Franschhoekvallei, Simonsberg-Paarl, Wellington, Voor-Paardeberg asook Banhoek. Meer inligting en inskrywingsvorms is beskikbaar by die webtuiste www.terroirwineawards.co.za,




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za