Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bainsford sluit deure ná 37 jaar

Bainsford sluit deure ná 37 jaar
 
2011-05-26


NÁ 37 jaar as ’n bekende staatmakerbesigheid op Wellington, sluit Bainsford Motors eersdaags sy deure. Dié onderneming is die enigste motorhandelaar op dié dorp wat nuwe motors verkoop.

Eienaar Bennie Wiggins het gesê dat hierdie stap ’n direkte gevolg is van die huidige swak ekonomiese omstandighede.

“Ek is 68 jaar oud en dit is tyd om af te tree. Ek het geen familielede wat daarin belang stel om die besigheid by my oor te neem nie. Weens die swak ekonomie kry ek ook nie ’n koper vir Bainsford nie.”

Dus word hierdie bekende baken op die hoek van Kerk- en Oosstraat op 28 Junie opgeveil, waarna die besigheid sy deure vir oulaas sal sluit.

Wiggins het die onderneming as Citrona Motors gekoop in 1973 en deur die jare uitgebou tot ’n bekende baken in Kerkstraat.

Deurgaans het hierdie besigheid op die voorpunt gebly van vernuwing in die bedryf en in 2007 is die onderneming herdoop tot Bainsford om gestalte te gee aan die nuwe visie wat Bennie vir die besigheid gehad het.

Die onderneming het twee maal die toekenning as Handelaar van die Jaar by Ford ontvang en was naaswenner onder 50 mededingers in die kategorie Klein Platteland.

Wiggins is ook as Wellingtonse Sakeman van die Jaar aangewys.

Bainsford was op vele terreine in die gemeenskap betrokke. Hulle het die afgelope jare sportspanne geborg by verskeie skole, was betrokke by die jaarlikse derby tussen Bergrivier en Weltevrede Hoërskole en het vir baie jare die voertuie van die ACVV-welsynsorganisasie gediens.

Wiggins en sy vrou, Eugenie, het hulself ook gevestig as persone wat betrokke is in die gemeenskap en vir ander omgee: “Dit is vir ons baie hartseer om ná soveel jare ons deure te moet sluit.”

Wiggins, ook ’n bekende in die wedvlugduifkringe, is van plan om tydens sy aftrede hom toe te spits aand dié sport.

* A well-known business in Wellington, Bainsford Motors, will be closing its doors next month.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za