DIE verkeerslig in Hoofstraat, geleë by die hoek van Langstraat in Noorder-Paarl is baie problematies vir mense wat die dorp binnekom.
Daar is gereelde ophoping van verkeer wat na regs wil draai in Bo-Langstraat in, want daar is geen pyle wat die verkeer kans gee om die robot oor te steek nie.
Die tyd wat dalk een voertuig kans kry om na regs oor te beweeg is minimaal. Mense vat al kanse om oor die robot te kom.
Waar is ons verkeersmanne, kom kyk gerus hoe lyk dit soggens!
Wellingtonner