Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Beroep op eiendomsagente

Beroep op eiendomsagente
 
2011-05-26


ONS as Pam Golding eiendomsagentskap verwelkom die opmerkings oor “te koop-bordjies” wat ons dorp ontsier en stem ten volle saam met die beriggewing wat geplaas is.

Ons merk self op dat die huidige regulasies wat betref die opsit en verwydering van “te koop-” en “op skou-borde” nie nagekom word deur alle agentskappe nie.

Die persone wat ontevrede is, is ook tog immers ons kopers en verkopers.

My voorstel is dat alle agentskappe hou by die reëls van spesifiek slegs een rigtingwyser per hoek en dat die rigtingwyser wel na ’n spesifieke eiendom wys en nie net opgesit word vir advertensie- of bemarkingsdoeleindes nie.

Ons meen ook dat borde in die Hoofstraat en die Bergrivier Boulevard slegs vanaf Vrydag tot Maandag aangebring word en dat slegs “op skou-” en “te koop-borde” toegelaat word.

Verder stel ek voor dat borde wat aandui dat ’n eien ­dom as verkoop aangedui word slegs op die eiendom aangebring word wat werklik verkoop is en ook net daar bly vir ’n spesifieke tydperk, byvoorbeeld ’n maand.

Pam Golding Eiendomme onderneem om hierby te hou.

Ek hoop ander agentskappe voel ook soos ons.

Surina du Toit (Pam Golding

Eiendomme)




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za