Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


My winskopie, ander se verlies

My winskopie, ander se verlies
 
2011-05-26


DINK altyd twee keer alvorens jy ’n artikel koop teen ’n prys wat nie markverwant is nie.

Ons almal weet dat die meeste tweedehandse handelaars of pandjieswinkels (ons ken hulle as pawn shops) gesteelde goedere verkoop, wetend of onwetend.

Ja, daar is sekere wetgewing wat dit beheer, die handelaar moet ná die aankoop dit in ’n voorgeskrewe register aanteken en vir ’n sekere tydperk stoor.

Die doel daarvan is dat hy onderhewig is aan ’n inspeksie deur die polisie wie se taak dit is om vas te stel of die goedere nie as gesteel aangegee is nie.

Sou die polisie nie binne hierdie wetsverpligte stoortydperk ’n inspeksie doen nie, word die items te koop aangebied. Dit is hier waar die misdadiger ’n afsetplek kry om jou en my goed wat hy gesteel het, te verkoop.

Sou die gemeenskap hierdie plekke nie ondersteun nie, sal dit veroorsaak dat die dief ’n koper moet soek en sy risiko raak al groter om deur die polisie gearresteer te word. Daar is gevalle waar daar huisbraak gepleeg is en twee ure later het ’n handelaar van die gesteelde items reeds aangekoop.

Weer eens die risiko vir die dief was om dadelik sy buit aan die naaste winkel te verkoop, hy het sy geld en loop geen verdere risiko nie. Die handelaar bied jou duursame artikels teen ’n lae markverwante prys en hy is ook ontslae van die goed.

Die ironie van die saak is dat ons, die slagoffers, deel uitmaak van hierdie bose kringloop.

Dit beteken die dief steel vanaf die gemeenskap, verkoop dit aan ’n handelaar wat ook deel is van die gemeenskap en op die einde van die kringloop koop die gemeenskap dit weer terug.

Ek het nog nooit die volgende items aan tweedehandse handelaars verkoop nie: snoeiskêre, tuinslange, koperkrane, tuingereedskap, voeltjiebad, motorradio, sonbrille, gereedskapkissie met gereedskap, trapfietse, selfone, besproeiingspuite, posbusse, juweliersware of kameras, verkykers en soveel meer.

Gaan kyk wat alles te koop aangebied word en jy sal self wonder, wie sou so iets wettig verkoop het?

Ja, daar sal seker uitsonderlike gevalle wees, maar volgende keer as jy ’n winskopie doen wat nie naby aan die markverwante prys is nie, moet jy jou gedagtes laat gaan en wonder of daar nie bloedvergieting was tydens die verkryging van hierdie item deur moord of roof nie.

Breek die bose kringloop.

Neville Botha




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za