Leefstylkalender
2011-05-26
* Pretdraf. Wellington Spar en CPUT bied aan ’n “Dress to Impress” 5km pretdraf/stap en basaar op 28 Mei ten bate van Silwerkruin-ouetehuis. Die wegspring is om 08:00 by Silwerkruin. Daar sal ook ’n rolstoelresies vir bejaardes wees. Die boeremusiekgroep Kaapse Affodille sal by die basaar optree. Inskrywingsvorms is te kry by Wellington Spar, CPUT-kampus, Silwerkruin en die oggend van die pretdraf (06:30-07:00). Inskrywingsgeld is R20 (R10 vir studente en kinders). * Toer. Die ATKV Wellington-tak bied hul jaarlikse toer na Sutherland en die groot SALT-teleskoop aan die naweek van 23 Julie. Plek is beperk, bespreek dus vroegtydig om die heerlike koue en asemrowende sterre-aand te ervaar. Koste vir die toer is R1100 per persoon wat verblyf en etes insluit. Bespreek by Marinda by 076 998 6140 of Herman by 082 331 9699. * Fun walk. The Qolothani Makhosikazi (work hard women) Social and Cultural Services, a non-profit organisation, will host their annual Breaking the Barriers fun walk (4km) on 28 May at 08:00 from the Mbekweni Thusong Centre. Entrance fee is R20 (R10 for children) and is payable at the departure venue on the fun walk day. Proceeds will go towards Mbekweni elders and chronically ill daycare services at Mbekweni Methodist Church Community Kitchen. Contact Dr Gcwalisile Cynthia Zulu-Kabanyane on 083 301 2470 or Ursela Thomas on 078 362 6003. * Braai. Die oudstudente van New Orleans Sekondęr hou ’n braai op 27 Mei vanaf 16:00 by die skool. Vir navrae, skakel Kerwin by 083 601 8611. * Klopse. Die Tulips Klopse vergader elke Sondag om 14:00 te Mintoorstraat (die ou Happy Toddlers Creche). Nuwe lede is ook welkom. Vir navrae, kontak Christo by 072 016 5566. * Blommeklub. Die Paarl Blommeklub vergader op 7 Junie om 19:00 in die NG Kerksaal te Denneburg, Paarl. Die Tema is “Kom ons maak ’n Handsak”. Pieter Coetzee en Bessie van Zyl sal prakties demonstreer hoe om ’n handsak van plantmateriaal te maak. Vir meer inligting, skakel Farieda Essop by 021 862 2237 of Pieter Coetzee by 021 872 5171. * Dans. Die Boeremusiekgilde se Boland-tak hou ’n dans op 27 Mei met die orkes van André Victor. Die dans word aangebied by Laerskool Noord-Eind in die Paarl. Toegang is R30 (R40 vir nielede). Almal word uitgenooi om die aand te kom geniet. Skakel Ciceel Wentzel by 083 346 7083. * Diens. Ellen Pakkies gaan op Sondag 29 Mei om 17:00 by die Lighuis Familiekerk in Paarl optree as spreker, tydens hul diens by Charleston Hill Sekondęre Skool in Magnoliastraat, Klein Nederburg, Paarl. Ellen is die moeder wat uit totale frustrasie haar seun Abe, ’n tikverslaafde, verwurg het. Nadat sy haar vonnis uitgedien het, tree sy op om mense, veral familielede van verslaafdes, te onderskraag. By die geleentheid sal daar ’n ondersteuningsgroep vir tikverslaafdes gestig word vir die onmiddelike areas van Klein Nederburg en Chicago. Sy is dan ook die gas van die radioprogram Kairos op Radio KC om 14:00 op Sondag. Toegang is gratis. Skakel pastoor Vernon Jacobs by 073 656 5995. * Gourmet Wine Evening. On 27 May at 19:00 AA Badenhorst Family wines will be paired with a five course dinner at Bosman’s at Grande Roche at their Gourmet Food and Wine Evenings for 2011. Winemaker, Adi Badenhorst, will also be present. On arrival canapés will be served and afterwards there will be coffee and petit fours. Bookings can be made with Christine Visagie on 021 863 5100.
More
News
|