Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong hondjie in Noorder-Paarl gesteel

Jong hondjie in Noorder-Paarl gesteel
 
2011-05-26

Lise Beyers

DIE lieflinghond van ’n Noorder-Paarlse gesin, ’n pitbulterriër van twee maande, het Saterdagmiddag spoorloos verdwyn uit hul tuin.

Die hond se mede-eienaar, Lizanne Visser, het vertel dat ’n bakkie met drie mans dié middag by Boroch-kompleks ingery het in Foxglovestraat, Groenvlei. Die mans het voorgegee dat hulle bo-grond verkoop.

“Die mans het so van woning na woning gestap, maar niemand wou koop nie.

“Ons het ’n labrador-kruis en die klein pitbulterriër. Die labrador het verskriklik geblaf en ek dog dis maar oor die mans wat hier kom aanklop het.”

Maar toe die bakkie weg is, het Visser met skok agtergekom dat hul klein hondjie, Eugene, ook verdwyn het.

“My hek het oopgestaan en ons labrador was steeds in die erf. Ons het oral en by al ons bure gesoek na Eugene, maar daar was geen teken van hom nie. Hy sou nie op sy eie ronddwaal nie.”

Daar word nou gevrees dat Eugene gesteel is om grootgemaak te word vir onwettige hondegevegte.

“Ek kry slapelose nagte hieroor. Eugene is ’n dierbare, liefdevolle huishond en ek wil nie eers dink hoe hy nou behandel word nie.”

’n Beloning word aangebied vir die veilige terugbesorging van Eugene. Enigiemand wat weet waar die hondjie is, kan Visser skakel by 083 474 9617.

Hondegevegte in gedeeltes van Drakenstein is ’n voldonge feit, maar dit vind plaas onder reuse-geheimhouding, sê Linda Groenewald van die Paarl Dierebeskermingsvereniging. Die bloeddorstige gevegte vind in sulke beskermde omstandighede plaas, dat die DBV nie kan waag om dit alleen te ondersoek nie.

Daar is glo ook baie geld op die spel tydens hierdie gevegte.

Linda voer aan dat hulle inligting het dat lede van die polisie hierby betrokke is en dus beskerm hulle die gevegte.

* It is feared that a young pitbull-terrier which has been stolen will be raised as a fighting dog.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za