Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verkiesing was ’n ‘bloedbad'

Verkiesing was ’n ‘bloedbad'
 
2011-05-26


“DIE verkiesing was ’n bloedbad vir die ANC wat sy eie gat gegrawe het - ons het net sand op gegooi. Dit was vir ons ’n oesdag.”

Só sę LP Deetlefs du Toit wat saam met Johan Visser die DA se verkiesingstrategie bestuur het in Drakenstein.

Volgens Du Toit het hy verwag dat die DA tussen 55 en 57% van die steun sou kry, wat inderdaad gebeur het.

“Mense stem nie meer so streng volgens rasselyne nie - dit gaan oor meriete en dienslewering.

“Die kiesers het reeds in 2009 se algemene verkiesing gewys dat hulle die kopskuif begin maak het om te stem vir dienslewering - daarom sal die DA nou moet sorg dat hy nie die kiesers teleur stel nie.”

Volgens Du Toit het die DA reeds ’n jaar gelede begin met werwing van kandidate met gepaste vermoëns om raadslede te wees, en hierdie mense het hard gewerk in hul wyke om kiesers te registreer en partylede te werf. Hulle het weekliks vergader en opleiding ondergaan.

“Die DA in Drakenstein gaan swak dienslewering, geldvermorsing, nepotisme en korrupsie met hand en tand beveg. Daar sal nie sprake wees van oorsese reise vir onbenullighede nie.

“Ons het sterk, bekwame mense op die raad en hulle gaan hulle beywer om mense se lewensomstandighede te verbeter. Ons wil hę raadslede moet meer betrokke wees by hul wyke en dat inwoners meer inspraak moet hę op spandering van fondse in hul wyke.

“Hoewel daar baie nuwelinge op die raad is, is daar ’n paar ervare raadslede wat sal sorg dat die oorgang glad is.”

* MP Deetlefs du Toit says the DA has excellent new councillors which were elected in Drakenstein, while a number of experienced councillors have been retained, who will ensure a smooth transition to DA rule after the election.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za