Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boekbindkursus in Paarl aangebied

Boekbindkursus in Paarl aangebied
 
2011-05-26


’n INLEIDENDE kursus in boekbindwerk word van 6 tot 8 Junie by Die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl aangebied.

Dié intensiewe driedaagse kursus sal aan deelnemers die basiese kennis en vaardighede oordra om hul eie boeke te kan bind en om stukkende boeke se bindwerk te herstel. Die minimum gereedskap word gebruik en geen vorige ondervinding is nodig nie. Dit is noodsaaklik vir mense wat in boekherstelwerk belang stel, aangesien hulle leer hoe ’n boek inmekaarsteek.

Die kursus fokus op die aanmekaarwerk van die katerns, die lym van die rug en die maak van die omslag.

Die aanbieder is die konserveringspesialis, Johann Maree, wat sy opleiding ontvang het by die Switserse Centro del Bel Libro en die Oostenrykse Nasionale Biblioteek. Hy was vir 28 jaar hoof van die departement van papier- en boekkonservering by die biblioteek van die Universiteit van Kaapstad, en het reeds verskeie konserveringskursusse nasionaal en internasionaal aangebied. Deelnemers het ’n keuse tussen ’n kursusfooi van R1 700 (gereedskap ingesluit) of R1 500 (eie gereedskap). Ligte middagetes en koffie/tee is ingesluit.

Kontak Amira Clayton by 021 872 3441 of kommunikasie@taalmuseum.co.za.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za