Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2011-05-26


KRIEKET

* Drakenstein Edu Krieketklub, Boland Krieket en CPUT Krieket is besig om ’n samewerkingsooreenkoms te sluit om krieket onder spelers van tersiêre inrigtings in Drakenstein te bevorder. Die ooreenkoms, wat afrigting en beter speeltoestande insluit, sal eersdaags amptelik bekend gemaak word sodat dit in die 2011-2012 seisoen van stapel gestuur sal word.

* Die SR Radiators Young Peoples Krieketklub beplan ’n voor-seisoense toer na Port Elizabeth vanaf 16-19 September.

* Paarl-Oos se Krieketklub hou op 15 Junie (18:30) ’n bestuursvergadering by Bougaardstraat 41 en op 26 Junie (14:30) hul algemene jaarvergadering by die New Orleans-klubhuis. Skakel vir Andrew Apollis by 021 862 5594 of 083 689 0017. Hulle jaarfunksie is uitgestel tot September en hul jaarlikse gholftoernooi vir volgende jaar is op 12 April 2012.

) RUGBY

* Die Riverstones Old Boys, wat dien as ’n welsynsorganisasie en uitreike na minderbevoorregtes doen, nooi alle oudspelers om by hulle aan te sluit. Kontak enige van die bestuurslede vir meer besonderhede. Hulle is Kowie Adonis (voorsitter) 082 9077 184, Sammy Paulse (ondervoorsitter) 079 6272 999, Neville Beukes (kassier) 073 0530 280, Edmund Qupa (sekretaris) 078 1020 801 en Coenie Lesch (skakeling) 072 6595 415.

* Young Gardens speel Saterdag tuis op Daljosafat teen Pêrel United. Die klub oefen Dinsdae en Donderdae te Daljosafat vanaf 18:00. Alle voornemende en nuwe spelers en belangstellendes is welkom. Vir enige navrae kontak Mario by 021 870 1080(W) of 082 380 2680.

* Young Peoples Rugbyklub se afrigters en bestuur sal elke Maandag om 19:00 by die Daljosafat-klubhuis vergader.

* Paarl Rangers speel eerskomende Saterdag teen Young Stars op die Faurestraat-stadion. Kafee- en kroegfasiliteite sal deur die klub aangebied word. Eerskomende Vrydag beplan die klub ’n steakbraai teen R40 per bord. Kontak die bestuur vir verdere inligting.

* Violets se juniors oefen Dinsdae en Donderdae om 17:00 by Paulus Joubert Sekondêre Skool. Op Vrydag 3 Junie hou Violets ’n piekniekdans in die Annunciation-saal (Van der Stelstraat). Die prys beloop R50.

* Lower Paarl speel hierdie naweek teen Allandale op die Drakenstein-veld. Die bus vertrek om 12:00 vanaf die New Orleans- velde.

) KARATE

* Hayashi-Ha Karate bied op 4 Junie sy nasionale kampioenskappe aan by Bolandpark (krieketterrein). Vir meer inligting kontak Sensei John Solomon by 084 2242 710.

) NETBAL

* Die Paarl Netbalklub se oefeninge is op Maandag en Donderdag om 18:15 op die Zanddrift-bane. Alle belangstellendes kan Annelie Lucas by 083 377 2232 of Bennie Saayman by 083 462 6311 skakel.

* Annie Kloppers het onlangs haar nuwe boek “Netball play with rules” vrygestel. Dit word aanbeveel vir skeidsregters, afrigters, spelers en netbal-liefhebbers (R125 aflewering uitgesluit by: anniekloppers@gmail.com).

) SOCCER

* A Youth Day soccer tournament will be held on 16 June at the Boy Louw fields in Paarl. U.18, u.16, u.14, u.11 and girls’ teams will take part. Application forms are available from Tony Litchfield at manyano@eject.co.za or 084 515 1416 or for information, contact Maxie Keet: 078 337 7346.

* Paarl Soccer Club is celebrating its 50th anniversary. All life members, honorary life members and all former members of the club are invited to join the celebrations. The club is in the process of establish­ing a special committee to facilitate the organising of these celebrations. For more info, please contact Lionel Matthee at 072 239 2181 or 021 807 4847.

) DOMINO’S

Alle belangstellende domino’s-klubs in die Simondium omgewing word uitgenooi na ’n vergadering wat op 2 Junie om 19:00 by die Simondium Rural Development Forum plaasvind. Klubs moet binne ’n 10 km radius vanaf die Simondium skool wees. Vir enige navrae, kontak Henry Valentyn by 073 012 620.

) FUN WALK

* It is that time of the year when Qolothani Makhosikazi (work hard women) Social and Cultural Services, a non-profit organisation invites various organisations and individuals to have the annual “breaking the barriers fun walk”. It starts at the Mbekweni Thusong Centre this Saturday at 08:00. The distance is 4 km and the fee for adults is R20 and R10 for learners and children. It is payable at the start.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za