Boland Bonsai Kai verjaar
2011-05-26
DIE Boland Bonsai Kai vier sy 20ste verjaarsdag met ’n sjampanje-ontbyt in die Stellenbosch Botaniese Tuin om 09:00 op Saterdag in die katjiepiering-restaurant in die tuin. Dit sal gevolg word deur ’n veiling van bonsai, potensai en potte onder die bekwame hamer van Pietman Retief. Alle besoekers is welkom om die Becky Lucas-versameling na afloop van die feestelikhede te besigtig. ’n Wyn wat spesiaal vir die geleentheid gebottel is, sal ook beskikbaar wees. Die ontbyt is R30. Skakel 021 808 3054.
More
News
|