Telbord vertel 'n storie
2011-05-26
DIE 15-elk telling op die telbord is iets wat die o.19A-rugbyspan van Boishaai nog lank sal onthou toe die eindfluitjie Saterdag in Bloemfontein teen Grey kollege geblaas het.
Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat die Paarliete in Bloemfontein gelykop gespeel het.
Op die muurbalbane het die o.19A-span 12-10 en die o.19B 19-13 gewen.
Op die tennisbaan het Boishaai alle enkelspelwedstryde gewen en die tafeltennisstryd het ook gelykop geëindig.
Van die twaalf hokkiewedstryde het Boishaai net twee verloor en een gelykop laat eindig.
More
News
|