SPOOKPSALMS met Piet Botha is op 2 Junie om 20:00 te sien by die Ou Meul-teater.
Na agt jaar het dié veteraankunstenaar weer ’n Afrikaanse album die lig laat sien. Die nuwe CD heet “Spookpsalms” en bevat 11 splinternuwe komposisies.
“Daar was al ’n paar liedjies, maar toe die TV-program Wie lę Waar opduik, het dit die hele album in ’n ander rigting gestuur.
“Vanaf September tot Desember 2010 was ons op die pad besig met die verfilming, dwarsdeur die land en omdat die program so ’n sterk historiese inslag het, het daar ’n ander element ingetree in die werk naamlik ’n tipe tradisionele, tydlose gevoel wat dan weer aanleiding gegee het na die idee van die Spookorkes wat hierdie liedjies opvoer.”
Daar is ook gepoog om soveel as moontlik by tradisionele instrumentasie te bly. Derhalwe is die album vol akoestiese kitare, klavier, mondfluitjie, trekklavier, saksofoon en orrel. Dit is ’n eiesoortige stuk werk, heeltemal buite die moderne genre en totaal anders as Botha se vorige Afrikaanse albums.
Kaartjies is R80 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 564 0056.