Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Charlene Truter sing tuis

Charlene Truter sing tuis
 
2011-05-26


DIE bekende sangeres en TV-persoonlikheid, Charlene Truter, is op Donderdag 2 Junie op die planke in “State of Grace” by die Breytenbach-sentrum om 20:00.

Charlene sal saam met haar kunstenaarsvriend en begeleier, Stefan Lombard, op die verhoog verskyn.

“Ons was albei so besig, het min tyd gehad om saam op te tree en sou met laataand-kuiers oor musiek struikel, dit uitprobeer en eenkant sit vir ééndag. Wanneer die tyd reg gevoel het, die stem op ’n beter plek was, of ons tyd gehad het om die musiek te ontrafel. Maar gelukkig het ons geleer dat die ‘regte oomblik’ nou is,” het Charlene gesê.

“As ons almal wag totdat ons perfek is, gaan ons nooit nêrens uitkom nie. Die vrese wat jy nou het moet maar jou kamerade word. Jy moet nou daardie oomblik van grace (guns) soek, glo en leef.”

Daarom ook die titel, “State of Grace”. Die program bevat ’n groot aantal klassieke musikale gunstelinge soos Gounod se Ave Maria, maar verwerk met die kontemporêre aanslag waarvoor sy bekend is. Getrou aan haar styl sal daar ook a capella items wees en natuurlik ook die Griekwapryslied. Met die keuse van liedere gaan die twee probeer om die atmosfeer van hierdie laataand oomblikke van kalmte soek rondom die vleuel, te reflekteer.

Kaartjies is R70 per persoon by 082 812 1112.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za