Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wie kry jou kosgeld?

Wie kry jou kosgeld?
 
2011-06-02


SAAM met die feit dat die prys van kos dalk met tot 15% die volgende twaalf maande kan styg, word telkens gemeld dat dit “saamval met wêreldtendense”.

Dus, moet ons as SA verbruikers maar net opdok en minder eet, sonder om daaroor te kla omdat dit elders in die wêreld dieselfde gaan? ’n Groot skroef is los, as jy my vra. En verder styg die prys van elektrisiteit en brandstof ook nog. As verbruikers haal ons maar ons skouers op. Te besig om te oorleef om agter te kom dat ons land “uitverkoop” word

Die verwerkte kos wat ons bykans elke dag koop, word deur net ‘n handjie vol maatskappye vervaardig, wat in elite-wêreldorganisasies verteenwoordiging geniet.

Op kosetikette kom dieselfde handelsname oor en oor voor. Die verbruiker se geld eindig dus telkens in dieselfde sakke. Kies maar liewer plaaslike handelsname soos Ina Paarman of Darling.

Nestlé: Kraft Foods, ’n afdeling van Philip Morris (wat Marlboro-sigarette vervaardig) en PepsiCo is van die wêreld se grootste kosmaatskappye. Hulle het belange in die vervaardiging, bemarking en verspreiding van koffie, gebottelde water, sjokolade, roomys, babakos, gesondheidskos, geurmiddels, bevrore en koue kosse en gebak soos Toblerone, Capri Sun, Miracle Whip, en Philadelphia-roomkaas. Ook Mountain Dew, Lipton Ice Tea, Lay’s, Doritos, Cheetos en Fritos. PepsiCo Ingelyf is ’n wêreld Fortune 500-korporasie met belange in KFC ook.

Kraft Foods se hoof word as die wêreld se tweede magtigste vrou beskou.

Waarom is dit belangrik? Omdat hier­die maatskappye, wat daagliks deur ons ondersteun word, saam met ander grotes soos Sony en Nike asook staatshoofde en beleidvormers aanbevelings maak op politieke, sosiale en ekonomiese vlak, wat ons land in die geheel raak. Hulle is onder meer lede van die Council of Foreign Relations, die Brookings-instituut, die Credit Suisse Group, ExxonMobil, die Europese Tafelronde van Nywerheidsreuse en ook die wêreld ekonomiese forum. Dié organisasies beïnvloed die waarde van verbruikers se geld daagliks met besluite wat geneem word, byvoorbeeld oor die land se geldstelsel en of die land reuse-skuld aangaan. Op die ou einde is dit die verbruiker wat daardie skuldlas betaal.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za