DIE Paarl-streek Boeredag vir wingerdboere word op 9 Junie te Windmeul-kelder aangebied deur Vinpro. Alle belangstellendes word uitgenooi om die dag by te woon, waar terugvoer gegee sal word oor vanjaar se wenblok, die finansiële implikasies vir volhoubare produksie, en generiese produkte vir onkruid- en witluisbeheer.
’n Bustoer na die wenblok word onderneem, waarna afgesluit word met ’n middagete. Bespreek by Lee-Anne Morris by 021 807 3267 of morris@vinpro.co.za.