EK wil net graag weet of iemand by die Drakenstein Munisipaliteit vir my kan verduidelik hoekom Pniel se krag altyd afslaan sodra daar ’n blaar ritsel. Al die jare is dit so. Sodra daar ’n druppel rëen val of ’n bietjie wind is, slaan die krag af. Almal se krag om ons is aan, maar ons krag is af. Dit gebeur al die afgelope dertig jaar so.
So, kan iemand vir ons in Pniel verduidelik hoekom ons nog hierdie jaar so moet sukkel? Ons is siek daarvoor.
M Mentoor