Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wat is 'n vader dan vir sy dogter?

Wat is 'n vader dan vir sy dogter?
 
2011-06-02


’n VADER is dié belangrikste persoon in ’n meisie se lewe, die bestuurder van jou lewenswa, wat jou beskerm en sy skouer gee as jy wil huil.

’n Vader beskerm jou teen die monsters in die kas en in die klas.

My oorlede moeder het altyd gesê enige man kan ’n pa wees, maar dit kos ’n spesiale man om ’n vader te wees.

Aan “Meneer die Pa”, ek sal jou wys ek gaan nie in ’n hof staan vir onderhoudsgelde nie. Ek sal eerder my hande stompies werk om vir my kinders te gee wat ek kan, om te sorg dat hulle ’n dak oor hul koppe het en brood op die tafel.

Aan al die ouers wat in ’n hof moet gaan staan vir onderhoudsgelde: ek haal my hoed af vir julle. Ek bid elke aand vir julle en julle kinders. Ek is in ’n bevoorregte posisie dat ek vir my kinders kan sorg en ek dank God nog elke dag daarvoor.

My kinders, nooit het Mammie gedink hy sal onderhoudsgelde van julle weerhou oor hy wil hê ons moet swaarkry nie (sy eie woorde).

“Meneer die Pa,” skaam jou, almal weet wat jy verdien (want dis mos wat jy verkondig, en ek het die bewyse).

Hierdie brief skryf ek vandag aan my dogters. Mammie is baie jammer oor Mammie julle deur ’n egskeiding gesit het. Nooit het ek gedink toe ek van jul pa skei, dat hy van julle ook sal skei nie.

As daar een ding is wat ek van hom geglo het, was dat hy daar vir julle sal wees, maak nie saak wat nie.

Nooit het ek gedink hy sal eerstens na sy eie belange omsien en julle vir die wolwe gooi nie.

Ousus, baie dankie dat jy Mammie se steunpilaar is. Jy is tans in jou derde jaar op kollege en doen baie goed. Net jammer jou pa het gedink dis geldmors om jou verder te laat studeer. Ek was egter baie bly toe jy besluit het om verder te studeer.

Dankie dat jy deur hierdie tyd saam met my gestaan het, my gehelp spaar het waar ons kon, sodat ek vir jou studies kon betaal en vandag kan ek vir jou sê, dis elke sent werd en as ek dit weer moet doen, dan sal ek.

Aan alle geskeide/enkellopende ouers daar buite. Dis nie maklik om ’n enkelouer te wees nie, maar hou moed. Die kinders word groot en eendag kan julle terugkyk en glimlag: dis wat ons saam bereik het, ek en my kind(ers).

Net nog ’n moeder




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za