Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugbytelbord

Rugbytelbord
 
2011-06-02


ALBIONS TERUG IN TWEEDE HELFTE

Albions het Saterdag gewys dat hy ’n span is waarmee daar in die toekoms nog mee rekening gehou sal moet word. Alhoewel Vineyards met die draaislag 27-6 voorgeloop het, wat dit in die tweede helfte ’n heel ander storie.

Vineyards het wel sewe plaasvervangers in die tweede helfte opgestuur, maar Albions het met mening teruggekom en 13 onbeantwoorde punte aangeteken. Vineyards het uiteindelik met 27-21 gewen.

Albions se verdediging in die tweede helfte was rotsvas met uitblinkers Ju-wayne Cyster en Gillmore Watts. Voorlangs was dit Ru-wathney Julies, Radley Filles en Fharris Adams wat hul kant gebring het.

In die eerste helfte het Carlyle Williams met twee strafskoppe geslaag. In die tweede helfte volg hy dit op met ’n skepskop. Vir Albions het Grant Paulse gaan druk net voor die eindfluitjie geblaas het. Carolissen het gaan druk met Dosty Davids wat die drie verdoel het.

Die tweedes het 12-elk geeïndig en die derde span het met 15-18 verloor.

Saterdag se wedstryde teen Windmeul het verskuif na die Boy Louw B-velde met die eerstes wat om 16:00 uitdraf.

) VILLAGERS BEHAAL GOEIE OORWINNING

Dit is nie elke dag dat Collegians op hulle tuisveld geklop word nie, maar die Pnielspan het dit Saterdag reggekry om die tuisspan in hulle agterplaas met 28-27 te klop.

Die besoekers het weereens sterk karakter getoon deur ’n agterstand van 27-11 in ’n wentelling te omskep. As daar in ag geneem word dat die besoekers met ’n erg verswakte span, weens beserings aan sleutelspelers die wedstryd moes aandurf, is die oorwinning nog meer betekenisvol.

Die uitslag was ’n groot teleurstelling vir die tuisspan om die wedstryd in beseringstyd te verloor toe die Pnielmanne die wendrie ná knaende aanvalle aangeteken het.

Collegians se taktiek om die bal wyd te speel en die lywige voorspelers van Pniel oor die veld te trek en hulle sodoende moeg te maak, het geboemerang aangesien die Pnielspan sterker geëindig het.

Vir die besoekers het Straferd Geldenhuis hard gewerk en heelwat goeie lynstaanballe gewen. Die groot held was egter Granville Petersen wat gedurig werk gesoek het op die aanval sowel as verdediging. Hy is dan ook beloon met twee drieë.

Drieë is aangeteken deur Bennie Williams, Fernando Adams en Granville Petersen (2), terwyl Stefanus Cedras met twee strafskoppe en ’n doelskop geslaag het. Die tweede en derde spanne verloor onderskeidelik met 31-10 en 20-5.

) LOWER PAARL HOL WEG

Die eerste rugbyspan van Lower Paarl het vir Allandale behoorlik afgestof en gemaklik met 61-14 gewen. Hulle het tien drieë teenoor Allandale se 2 gedruk.

Die driedrukkers vir Allandale was Guren Kulsen (2), Denwill Cupido (2), Abie Diedericks, Wayne Afrika, Lee Blaine, Lucin Anderson, Ryan Carolissen en Delwayne Cornelissen. Cornelissen het ook met 4 doelskoppe en een strafskop geslaag.

Die tweedes het met 17-31 verloor en die derdes verloor met 5-64.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za