Sportdagboek
2011-06-02
KRIEKET * Paarl-Oos se krieketklub hou op 15 Junie (18:30) ’n bestuursvergadering by Bougaardstraat 41 en op 26 Junie (14:30) hul algemene jaarvergadering by die New Orleans-klubhuis. Skakel vir Andrew Apollis by 021 862 5594 of 083 689 0017. Hulle jaarfunksie is uitgestel tot September en hul jaarlikse gholftoernooi vir volgende jaar is op 12 April 2012. * Die SR Radiators Young Peoples Krieketklub beplan ’n voor-seisoense toer na Port Elizabeth, 16-19 September. * Drakenstein Edu Krieketklub, Boland Krieket en CPUT Krieket is besig om ’n samewerkingsooreenkoms te sluit om krieket onder spelers van tersiêre inrigtings in Drakenstein te bevorder. Die ooreenkoms, wat afrigting en beter speeltoestande insluit, sal eersdaags amptelik bekend gemaak word sodat dit in die 2011/2012 seisoen van stapel gestuur sal word. ) RUGBY * Die Riverstones Old Boys, wat dien as ’n welsynsorganisasie en uitreik na minderbevoorregtes, nooi alle oudspelers om by hulle aan te sluit. Kontak enige van die bestuurslede vir meer besonderhede. Hulle is Kowie Adonis (voorsitter) 082 9077 184, Sammy Paulse (ondervoorsitter) 079 6272 999, Neville Beukes (kassier) 073 0530 280, Edmund Qupa (sekretaris) 078 1020 801 en Coenie Lesch (skakeling) 072 6595 415. * Saturday, Vineyards (first with 7 wins) play second on the log Lower Paarl (Blues), the only other unbeaten team in the competition with 6 victories. This will be a tough one as Vineyards has 7 injuries in their first team after the last two tough encounters against Standards and Albions. Especially the loss of star loose forward, Ibie Davids (knee) and wing Anwar Shuahail Moeart (broken wrist) will have an influence. * Young Gardens oefen Dinsdae en Donderdae te Daljosafat vanaf 18:00. Alle voornemende en nuwe spelers en belangstellendes is welkom. Vir enige navrae kontak Mario by 021 870 1080(W) of 082 380 2680. * Young Peoples Rugbyklub se afrigters en bestuur sal elke Maandag om 19:00 by die Daljosafat-klubhuis vergader. * Violets se juniors oefen Dinsdae en Donderdae om 17:00 by Paulus Joubert Sekondêre Skool. Op Vrydag 3 Junie hou Violets ’n piekniekdans in die Annunciation-saal (Van der Stelstraat). Die prys beloop R50. ) KARATE * Hayashi-Ha Karate bied op 4 Junie sy nasionale kampioenskappe aan by Bolandpark (krieketterrein). Vir meer inligting kontak sensei John Solomon by 084 2242 710. ) SOCCER * A Youth Day soccer tournament will be held on 16 June at the Boy Louw fields in Paarl. U.18, u.16, u.14, u.11 and girls teams will take part. Application forms are available from Tony Litchfield at manyano@eject.co.za or 084 515 1416 or for information, contact Maxie Keet 078 337 7346. * Paarl Soccer Club is celebrating its 50th anniversary. All life members, honorary life members and all former members of the club are invited to join the celebrations. The club is in the process of establishing a special committee to facilitate the organising of these celebrations. For more info, please contact Lionel Matthee at 072 239 2181 or 021 807 4847. ) DOMINO’S * Alle belangstellende domino-klubs in die Simondium omgewing word uitgenooi na ’n vergadering vanaand om 19:00 by die ou Simondium-kliniek. Klubs moet binne ’n 10 km radius vanaf die Simondium skool wees. Vir enige navrae, kontak Henry Valentyn by 073 012 0620. ) ATLETIEK * Paarl Atletiekklub hou op 2 Junie (vanaand) om 18:30 te Daljosafat-stadion ’n inligtingsvergadering. Atlete wat aan die Comrades Ultramarathon deelgeneem het, word onthaal en die borg vir die Paarlberg Halfmarathon word bekend gestel. ) GESTREMDES VERGADER * Die Boland Sportvereniging vir Liggaamlik Gestremdes vergader op Donderdag 9 Junie om 18:30 by Worcester se Tennis-klubhuis te Bolandpark op Worcester. Klubverteenwoordigers van al die geaffilieerde klubs moet teenwoordig wees. Enige gestremde persoon wat by die klub se aktiwiteite wil inskakel, is welkom om die vergadering by te woon. Kontak die vereniging se sekretaresse, Avril Farao, vir enige navrae by 082 770 3071, 023 342 3770 (w), 023 347 1508 (f) of bolandsapd@lantic.net. ) SPORTFORUM * Die Paarl Sportforum se kwartaalvergadering word op 8 Junie om 19:00 in die Hugenote-gemeenskapsaal gehou. Kontak Brandon by 076 187 7260.
More
News
|