Boland Rugby bied gholfdag aan
2011-06-02
DIE DHL-Stormers Gholfdag wat op 16 Junie deur Boland Rugby aangebied word, is ten bate van die De La Bat Skool en Nuwehoop Sentrum, twee instansies vir gehoorgestremdes op Worcester. Belangstellendes en besighede wat graag dié geleentheid wil ondersteun, kan op verskeie wyses betrokke raak, onder meer as borg or putjie-adverteerder. Teen R3600 kan maatskappye ’n 4-bal inskryf wat bestaan uit 3 spelers van ’n maatskappy en een Stormers-rugbyspeler, -afrigter of -bestuurslid. Dié bedrag sluit die spelfooie, halfweghuis, aandete en pryse in. “Skenkings van pryse word ook verwelkom,” sê Jaco van Wyk, bemarkings- en mediabeampte van die Boland Rugbyunie. “Afhangende van die waarde van die prys, kan advertensiespasie op die baan aan sulke skenkers gegee word,” sê hy. Vir navrae, kontak Jaco van Wyk by jaco@bolandrugby.com of 021 873 2317.
More
News
|