Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gansbaai-hekkie wag nou vir Roses

Gansbaai-hekkie wag nou vir Roses
 
2011-06-02


DIE Boland Premierliga se kampioen rugbyspan van Wellington, Roses United, pak eerskomende naweek die Black Leaves van Gansbaai, op Pelikaanpark in Wellington om te bepaal of hulle later vanjaar aan die nasionale klubkampioenskappe gaan deelneem.

Vir Roses is ’n wen van kardinale belang aangesien die voorloper aan die einde van die eerste ronde van die Boland Premierliga-kompetisie, die Boland Rugbyunie gaan verteenwoordig by die Nasionale Klubrugbykampioenskap later vanjaar.

Roses is tans vyf punte voor Wesbank met nog twee wedstryde oor in die eerste ronde.

Roses sal die manne van Gansbaai geensins moet onderskat nie, aangesien hulle tot dusver puik vertoon het in die Premierliga.

Black Leaves sal weereens swaar steun op sy makro-agttal wat al menigte spanne hierdie jaar laat les opsê het met hulle rolmaalbewegings en fisieke spel.

Roses United se pak voorspelers onder leiding van hul kaptein, Sandile Sijaji, (vaskopstut) en die yster, Ignatius Korabie, sal hulle egter nie wil laat oorskadu deur die Gansbaaiers nie.

Die Wellingtonners se agtal speel deesdae self kookwater-rugby en sal hulle vir seker nie wil laat intimideer nie. Talle van die hulle jong voorspelers speel deesdae met groot selfvertroue en sal Saterdag ook weer hul staal wil wys.

Agterlangs sal die besoekers ook swaar steun op die geleerde skopvoet van hulle ervare losskakel, Corrie Avenant.

Roses se vleuels, Gaveron Sherman en Denver Fortuin, sal hulle lyne baie goed moet oppas aangesien die Wellingtonners moet verhoed dat Avenant met sy reuse lynskoppe die besoekers in aanvallende posisies plaas.

Die ervare Wayne Matthee (binnesenter) sal met sy goeie organisering van die agterlyn en verdediging ook wil sorg dat die besoekers nie maklik deur Roses se verdedigingslinies breek nie.

Die hekke open Saterdag om 12:00. Die hoofwedstryd begin om 16:00.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za