Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gouws spring tronkstraf vry

Gouws spring tronkstraf vry
 
2011-06-02

Liezl Davids

AL gaan Marthinus Gouws nie vir sy dade in die tronk boet nie, is daar ’n rits voorwaardes wat hy getrou moet nakom, anders is die tronk dalk tóg sy voorland.

Ná ’n hofsaak van vier jaar is Gouws, wat homself as ’n pastoor en gemeenskapsleier sien, verlede week vyf jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort sal wees, tensy hy weer aan bedrog skuldig bevind word.

Streeklanddros Nomawethu Smile het hom ook vir drie jaar onder korrektiewe toesig geplaas en onder huisarres.

Gouws sal dan net toegelaat word om vir redes, soos werk en kerk die huis te mag verlaat.

Hy sal ook vir dié drie jaar elke maand vir 24 uur gemeenskapsdiens doen.

Smile het gesê as deel van sy straf, moet hy inskakel by ’n rehabilitasieprogram. “Ek dink jy het baie van dit (rehabilitasie) nodig. Ek dink jy leef in ontkenning.”

Gouws moet ook maandeliks vir 20 maande R1 000 aan die klaer terugbetaal vóór die sewende van elke maand. Smile het mooi aan hom verduidelik dat hy onder geen omstandighede ’n betaling kan oorslaan nie. Indien hy versuim om te betaal, sal sy vonnis hersien word.

Gouws mag ook nie ’n plek waar alkohol verkoop word besoek nie en hy mag slegs voorgeskrewe medikasie gebruik.

Smile het ook gesê Gouws sal enige tyd van die dag of nag besoek word by sy huis of werk om te kyk of hy daar is.

Indien hy enige van die voorwaardes verbreek, kan sy straf hersien word, wat kan lei tot direkte tronkstraf.

Gouws het die moeder van ’n beskuldigde in ’n Vredendalse moordsaak (Sarah van Wyk) altesame R11 050 laat betaal op die voorwendsel dat hy regsverteenwoordiging vir haar seun sou reël.

Gouws het nie die diens aan die klaer gelewer nie, maar het geweier om die geld terug te betaal.

Smile was baie ontsteld tydens die vonnisoplegging en het gesê dat bedrog ’n baie ernstige misdaad is en dat Gouws die kerk gebruik het om die familie te mislei.

“Dít wat jy gedoen het, is siek. Jy is eintlik ’n gevaar vir die gemeenskap. Ek wonder of jy ooit gerehabiliteer kan word,” het Smile gesê.

Sy het ook gesê dat Gouws hom voordoen as ’n leier van die gemeenskap, terwyl hy eintlik die gemeenskap in twee verdeel.

Die hof het ook gehoor dat Gouws al voorheen aan verskeie klagtes van bedrog skuldig bevind is.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za