Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


'Toordokter' weg met derduisende rande se aftreegeld

'Toordokter' weg met derduisende rande se aftreegeld
 
2011-06-02


’n AFGETREDE egpaar sit in sak en as nadat al hul spaargeld daarmee heen is te danke aan ’n ‘toordokter’.

Dawid Boonzaaier van Wellington en sy vrou, Aletta, het vroeër vanjaar kennis gemaak met ene dr Zozi.

Zozi het vanaf die JFC-gebou in Hoofstraat, Paarl, besigheid bedryf as ’n ‘dokter’ wat allerhande skete, beide medies en persoonlik, kon regdokter.

So is die Boonzaaiers deur hom gelok met beloftes dat hy hul geld kan verdubbel.

Dawid het verlede jaar afgetree as algemene werker by die Kaapse Munisipaliteit.

“Hy was ’n netjiese, welsprekende man en so het ons hom in ons vertroue geneem,” vertel Aletta.

Eers is daar ’n bedrag van R80 000 aan Zozi oorhandig. Hy het dit met hom geneem en sou daaroor bid sodat dit sou verdubbel.

Kort hierna is die Boonzaaiers deur Zozi gekontak, en in plaas daarvan dat hy hul vermeerderde geld aan hulle oorhandig, het hy hulle oorreed dat hy nog geld nodig het vir hierdie transaksie.

So is hy saam met hulle na hul bank toe en R100 000 is onttrek. En hier het dit nog nie opgehou nie.

Zozi het hulle ’n derde keer gevra vir geld om te vermeerder. Dié keer is hul laaste R150 000 by die bank onttrek.

“Die mense by die bank was baie agterdogtig toe ons al hierdie geld gaan trek het. Hulle het gevra waarvoor ons dit gaan gebruik, maar ons het niks gesê nie en aangedring op die geld. Pleks dat ons die waarskuwingstekens toe al gesien het.”

En nodeloos om te sê, dit was die laaste sien van Zozi.

Intussen het hy vanuit die JFC-gebou verdwyn en sy kontaktelefoon- en selfoonnommers werk nie meer nie. Hy skuld ook vir die bestuur van die JFC-gebou agterstallige huurgeld.

Die Boonzaaiers sit nou letterlik sonder ’n sent en moet nog die krag bymekaarskraap om aansoek te doen vir welsynsbystand.

Ao. Folinda Gordon het bevestig dat ’n klag van diefstal aanhangig gemaak is teen die ‘dokter’, maar hulle weet nie wat sy ware identiteit is nie. Hy is glo van Wes- of Sentraal-Afrika. Enigiemand wat inligting oor hierdie man het, word gevra om vir Gordon te skakel by 021 864 8440.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za