Hugo Rust bo in Boland
2005-10-20
DIE Laerskool Hugo Rust is tydens die Boland Sportbanket op Tulbagh vir die vierde keer aangewys as die Boland Sportskool van die jaar (2001, 2003, 2004, 2005).
Boland Ussasa se kriteria behels onder andere leerderbetrokkenheid by sport, aantal provinsiale atlete, beskikbaarstelling van sportgeriewe, betrokkenheid van onderwysers by sportafrigting en ook onderwyser betrokkenheid by Ussasa strukture.
Die leerders het verskeie skitterende prestasies gedurende die seisoen behaal, met altesame 63 wat die skool op streeksvlak verteenwoordig en 35 sportsterre met provinsiale kleure beloon.
Liesbet du Toit, sportorganiseerder, is afrigter van die Wes-Kaap Boland o.13 Netbal, SA skeidsregter en spanbestuurder van Wes-Kaap Boland Atletiek.
Nog ‘n personeellid, Marie le Roux, is voorsitter van Boland Laerskole Netbal, algemene bestuurder van Boland o.12 en o.13 en Skeidsregter/Gradeerder/Keurder vir SA Netbalkampioenskap.
Helena Krynauw is voorsitter van Boland Laerskole Swem, oorkoepelende voorsitter van Boland Hoër- en Laerskole Swem en spanbestuurder van Wes-Kaap & Boland Swem asook koördineerder van die keurkomitee vir Boland-spanne.
Piet Krynauw is die voorsitter van Boland Laerskole Krieket en op die Algemene Krieketbestuur van Boland o.13.
Hoogtepunte in 2005 was Julandi Ramsauer (o.12) wat Biathlé Wêreldkampioen was in Monaco, Neels van Rooyen (o.10) aangewys as SA Vyfkamp Kampioen in Bloemfontein en Shannen Bartlett (o.11) wat aangewys is as SA tuimelkampioen.
More
News
|