Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunsdagboek

Kunsdagboek
 
2011-06-02


* Uitstalling. Gallery Six in Dwars-in-die-Weg, Paarl, bied tans ’n uitstalling van werke deur Richard Scott, Gavin Rain, Nannette Ranger en Roché van den Berg se kunswerke aan. Die kurator is Corlia Basson.
* Breytenbach. Charlene Truter is op 2 Junie om 20:00 te sien in State of Grace by Die Bôrdienghuis-teater. Kaartjies is R70 per persoon en kan bespreek word by 082 812 1112.
* Luna. Op 4 Junie is Luna Paige om 20:00 te sien by die Bôrdienghuis-teater in Wellington. Kaartjies is R70 en kan bespreek word by 082 812 1112.
* Kuns. Die uitstalling van Jan Visser, Parys ’95, is te sien by die Grevilleas Galery by die Breytenbach-sentrum vanaf 4 Junie tot 7 Julie.
Piet Botha. Spookpsalms met Piet Botha is op 2 Junie om 20:00 te sien by die Ou Meul-teater. Kaartjies is R80 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 564 0056.
* Skrywer. Marié Heese, bekende skrywer en dogter van die ewe bekende Audrey Blignault, is die spreker by die jaarvergadering van die Vriende van die Wellington Museum op Saterdag 4 Junie om 10:30.

(Interne sake begin reeds om 10:00.) Marié is die skrywer van onder meer Die Uurwerk Kantel (een van die klassieke werke in Afrikaans), The Double Crown (in 2010 aangewys as wenner van die Commonwealth Prize) en The Colour of Power (oor Theodora, keiserin van die Bisantynse Ryk).


More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za