Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Zimbabwiër vas oor OTM-bedrog

Zimbabwiër vas oor OTM-bedrog
 
2011-06-02


’n ZIMBABWIËR is Vrydag in Wellington vasgetrek in verband met OTM-kaartkloning.

Dit het gekom nadat konst. Carl Petersen van die Wellington polisie gereageer het op ’n klagte van ’n lid van die publiek dat hulle bankkaart vassit in ’n OTM van Absa by die Friendly Grocer in die Hoofstraat.

Met sy aankoms op die toneel het hy gemerk dat ’n transaksie plaasgevind het, omdat daar ’n strokie uit die masjien gesteek het.

Die strokie het getoon dat ’n bedrag van R1000 onttrek is met ’n aansienlike balans in die rekening. Maar die rekening waaruit hierdie geld onttrek is, was nie dié van die klaer nie.

Konst. Petersen het onraad vermoed. Hy het ’n verdagte man in die omgewing van die OTM opgemerk en hom ondersoek.

’n Bedrag van R1000 is in sy besit gevind, sowel as ’n selfoon. Met verdere ondersoek en puik opvolgwerk van adjudante Eugene Munnik en Folinda Gordon, is vasgestel dat die rekening waaruit die R1000 getrek is, behoort aan ’n Gautenger, wat steeds in besit van sy bankkaart is.

’n Onbekende bedrag is reeds sedert 12 Mei uit hierdie Standard Bankrekening onttrek, waarskynlik met behulp van ’n kloning-toestel.

Die verdagte, Mike Chaka, is gearresteer en aangekla van bedrog. Hy het Maandag voor die hof te Wellington verskyn en sal Vrydag weer verskyn vir ’n borgaansoek.

Die publiek word gewaarsku om uiters versigtig te wees met die gebruik maak van OTM’s.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za