Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fondsinsamelingsdans

Fondsinsamelingsdans
 
2011-06-02


’n FONDSINAMELINGSDANS met sangeres Karin K word op 3 Junie om 19:00 by Noord-Eind Laerskool se saal aangebied ten bate van Carika Smith.
Carika is op eenjarige ouderdom met Sanfilippo Sindroom gediagnoseer en verlede jaar is ontdek dat sy eintlik Hurler Sindroom het. Dit beteken dat haar brein nie die ensiem vervaardig wat nodig is om afvalstowwe wat in die liggaam ophoop, af te breek nie. Carika het ook ’n vergrote lewer en milt en is permanent in ’n rolstoel. Haar sig is ook nou besig om te kwyn as gevolg van al die afvalstofneerslae wat die kornea en oogsenuwees al beskadig het.
Kaartjies is teen R50 beskikbaar by Erika 079 497 5700 of by Jesseca 082 789 3760. Kaartjies is ook die aand by die deur te koop. Bring jou eie eetgoed. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za