Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Chris Chameleon op die planke

Chris Chameleon op die planke
 
2011-06-02


DIE bekende sanger, Chris Chameleon, tree op 5 Junie om 16:00 by die Ou Meul-teater op.

Met sy repertoire in film, televisie, skryf, musiek en komposisie oor ’n landskap van genres so breed soos die natuur en kultuur van sy land wat hy duidelik diep lief het, asook die erkenning wat hy in al hierdie rigtings verwerf het, is dit vanselfsprekend dat enige geleentheid om een van sy vertonings by te woon ’n noodsaaklikheid is.

Sy vieroktaaf-stem, skerp humor, weldeurdagte en uitgesproke sosiale bewussyn en warm, menslike benadering, stuur sonder uitsondering sy gehoor huis toe met ’n glimlag.

Kaartjies is R120 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 564 0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za