Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koshuis heropen net vir graad 8

Koshuis heropen net vir graad 8
 
2005-10-20


ONS graad agts verdien iets spesiaals en dit is wat ons vir hulle skep by die nuwe Huis Kalahari Visser - ’n veilige tuiste waar hulle kan aanpas in die nuwe skoolomgewing.

Só vertel Basjan Reinhardt, hoof van Hoërskool Gimnasium, oor hul nuwe koshuis in Van der Lingenstraat.

Die ou Huis Robert Möhr, wat tot in die vroeë 1970’s aan Gimnasium behoort het, is ’n jaar gelede deur Hoërskool Labori aan Gim
teruggegee.

Die koshuis is intussen verhuur as enkelkamer-akkommodasie, terwyl die New Beginnings kleuterskool ook daar gehuisves is.

Die nuwe koshuis sal net graad agts akkommodeer.

“Ons het so ’n groot waglys dat dit ’n noodsaaklikheid geword het,” vertel Reinhardt.

“Gim verloor ’n ongelooflike klomp oulike kinders omdat ons nie losies het vir hulle nie.

“In baie dele van die platteland is die onderwys nie baie stabiel nie, en ek glo ons kan ’n stewige fondament vir hulle gee.”

Hy sê die koshuise en die skool is tot boordens toe vol.

“Ons het stoepe toegemaak vir kamers, ons gebruik stoorkamers en het aangebou en uitgebrei waar ons kon.”

Die skool het op die oomblik 1072 leerders, van wie 380 in die koshuis is.

Huis Kalahari Visser open in Januarie en sal 53 seuns en 33 meisies huisves. Dit is die maksimum getal graad agts wat die skool per jaar inneem.

Tot onlangs was daar 24 seuns in die koshuis, maar hulle het op 1 Oktober verhuis na Huis McFarlane by die skool, terwyl daar aan die gebou gewerk word.

’n Bedrag van sowat R1,5 miljoen sal oor die volgende paar jaar bestee word aan Huis Kalahari Visser.

Veiligheid is ’n groot prioriteit en daar sal heelwat bestee word om die gebou te omhein.

Die hoofgebou en anneks sal ook met ’n trap verbind word, met die oorspronklike hoofingang wat gebruik sal word vir albei geboue.

Reinhardt en sy gesin gaan self ook na die nuwe koshuis trek.

“Hierdie is ’n droom wat ek ten alle koste wil help verwesenlik.”

* A hostel in Van der Lingen Street, Paarl, is being renovated to
house Grade 8 pupils of Gymnasium High.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za