Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eendeweer laat skool weer oorstroom

Eendeweer laat skool weer oorstroom
 
2011-06-02

Lise Beyers

VIR sommiges is die afgelope week se swaar reëns ’n seën, maar vir ander is dit ’n vloek - veral vir Weltevrede Sekondêre Skool wat die afgelope jare worstel met ’n deurdrenkte administrasiegebou in die reënmaande.

Sodra dit reën, vloei ’n rivier water die gebou binne, tot in die kantore van onder andere die skoolhoof.

En wat hierdie lekkasie nog erger maak, is die feit dat die water onderdeur die hoofkragbord van die skool stroom.

Die beheerraad se voorsitter, Deon van Turha, vertel: “Elke jaar is dit dieselfde storie. Ons perseel sit onder die padvlak en hiér is oënskynlik nie genoegsame dreinering nie.

“Die administrasiegebou bly onder water en dit maak nie saak hoeveel keer ons die water opdroog en uitvee nie, dit sypel vinnig weer binne die gebou in.

“Ons vrees ook vir die feit dat die water onderdeur die kragboks uitlek - as water en elektrisiteit meng, kan dit noodlottige nagevolge hê.”

Van Turha sê verder dat klagtes wat gerig word aan die Onderwysdepartement op dowe ore val.

“Op die lange duur sal hierdie waterskade permanente skade aan die gebou aanrig.”

* Die afgelope tien dae het die hemele behoorlik oopgegaan oor die Drakenstein-gebied. In die Paarlse middedorp is 150 mm aangeteken.

Ligte sneeuneerslae het ook plaasgevind op die hoë pieke van die Limietberge. Dít het die kwik erg laat daal en ware bibberweer veroorsaak, Op plek het die kwik tot byna vriespunt gedaal.

Maar die reënvalsyfer vir Mei is steeds baie minder as verlede jaar, toe byna 300 mm water geval het.

Veral boere hoop dat goeie reëns verwag kan word vir die volgende paar maande.

Volgens die plaaslike nooddienste is geen verdere ernstige voorvalle van oorstromings gerapporteer nie.

* The winter rains have arrived, with flooding recurring at a school in Wellington.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za