Leefstylkalender
2011-06-02
* Reünie. Weltevrede Sekondêr se klas van 1991 beplan hul reünie later vanjaar. ’n Beplanningsvergadering word gehou by die skool op 23 Junie om 19:30. Skakel Cynthia by 082 4932 659 of Janine by 078 2472 630. * Toer. Die ATKV Wellington-tak bied hul jaarlikse toer na Sutherland en die groot SALT-teleskoop aan die naweek van 23 Julie. Bespreek vroegtydig om die heerlike koue en asemrowende sterre-aand te ervaar. Koste vir die toer is R1100 per persoon wat verblyf en etes insluit. Bespreek by Marinda by 076 998 6140 of Herman by 082 331 9699. * Klopse. Die Tulips Klopse vergader elke Sondag om 14:00 te Mintoorstraat (die ou Happy Toddlers Crèche). Nuwe lede is ook welkom. Kontak Christo by 072 016 5566. * Blommeklub. Die Paarl Blommeklub vergader op 7 Junie om 19:00 in die NG Kerksaal te Denneburg, Paarl. Die Tema is “Kom ons maak ’n Handsak”. Pieter Coetzee en Bessie van Zyl sal prakties demonstreer hoe om ’n handsak van plantmaterial te maak. Almal is welkom. Skakel Farieda Essop by 021 862 2237 of Pieter Coetzee by 021 872 5171. * Konsert. Mimi Haasbroek Sangskool bied op Saterdag 4 Junie twee studentekonserte aan by die Ou Meul-teater om 16:00 en om 19:00. Sangers van 2 jaar tot 50 plus neem deel. Koste is R40 (R20 vir skoliere). Verversings sal tydens die onderskeie pouses te koop aangebied word. Een kaartjie is vir albei vertonings geldig. Kontak Mimi by 082 5850 632. * Reunion. Former students and teachers of HS van der Walt High School are planning a reunion at the old school (now the lower campus of Boland College in Paarl). Contact Maryna on 083 6581 942 or email her at ontong@vodamail.co.za. * Sangfees. ’n Gemeenskap-sangfees word ten bate van Sizisa Ukhanyo Trading gehou op 17 Junie om 17:30 by Groendal Sekondêre Skool op Franschhoek. Verskeie kore sal by die geleentheid optree. Vir navrae, skakel 021 867 0075. * Johan Bakkes. Die Huis Vergenoegd Klub nooi jou uit om te kom luister na die legendariese avonturier en skrywer, Johan Bakkes, wat op Donderdag 2 Junie om 15:00 in die C Blok Kapel sal gesels oor sy boek “Samoe(r)sa Reis.” Hy bring twee van sy stapmaats saam om sy stories nog meer kleur en geur te gee. Toegang is gratis en geen bespreking is nodig nie. * Open evening. Montessori@Home currently caters for children between the ages of 3 to 6 years and will be opening its doors to older children in the near future. There will be an open evening on Thursday 9 June from 17:00 to 19:00 at the school on Groot Parys farm. For more information, visit the www.montessoriathom e.co.za or phone the principal, Nici Lubbe, on 083 639 0633.
More
News
|