Leefstylkalender
2011-06-09
* Reünie. Weltevrede Sekondêr se klas van 1991 beplan hul reünie later vanjaar. ’n Beplanningsvergadering word gehou by die skool op 23 Junie om 19:30. Skakel Cynthia by 082 493 2 659 of Janine by 078 2472 630. * KN. Die 2001-matrikulante van Klein Nederburg Sekondêr hou hul reünie op Woensdag 27 Julie. Vir navrae, skakel Charlton by 074 7028 377 of Tasnime by 072 059 5218. * Toer. Die ATKV Wellington-tak bied hul jaarlikse toer na Sutherland en die groot SALT-teleskoop aan die naweek van 23 Julie. Bespreek vroegtydig om die heerlike koue en asemrowende sterre-aand te ervaar. Koste vir die toer is R1100 per persoon wat verblyf en etes insluit. Bespreek by Marinda by 076 998 6140 of Herman by 082 331 9699. * Boeremusiek. Die Boeremusiekgilde se Boland-tak hou hul takkompetisie op 2 Julie vanaf 16:00 by Noord-Eind Laerskool. Direk ná die kompetisie word daar ’n dans aangebied met die wenorkeste. Toegang is R30 (R40 vir nie-lede). Kontak Ciceel by 083 3467 083. * Skenk bloed. Die Westelike Provinsie Bloedoortappingsdiens versoek alle belangstellendes om bloed te skenk op Donderdag 9 Junie tussen 10:00 en 19:00. Enige persoon tussen 17 en 65 jaar, wat meer as 50kg weeg en ’n gesonde, veilige leefstyl handhaaf, kan bloed skenk. Kontak die WP Bloedoortappingsdiens by 021 871 1030. * Reunion. Former students and teachers of HS van der Walt High School are planning a reunion at the old school (now the lower campus of Boland College in Paarl). Contact Maryna on 083 6581 942 or ontong@vodamail.co.za. * Koekversieringsgilde. Die SA Koekversieringsgilde vergader op 20 Junie om 17:15 te Laerskool Drakenstein se klubhuis. Susan Verwey kom demonstreer idees om vir mans mooi goed te maak en te versier. Kontak Juanita by 083 264 9834. * Open evening. Montessori@Home will host an open evening tonight from 17:00 to 19:00 at the school on Groot Parys farm. For more information, visit www.montessoriathome.co.za or phone Nici Lubbe, on 083 639 0633. * Stamp Fair. The Stamp Fair will take place on 18 June at St Petri Lutheran Church in Paarl from 09:00 to 12:30. Entrance is free and refreshments will be sold. * Karaoke. The Making More Music School is having a live band & karaoke evening at Club Re-vibe (Niveau) in Wellington on 15 June from 20:00. Entrance is R20. For more information, contact 072 229 7423.
More
News
|