Gospel Rave
2011-06-09
DIE CYM-lede van die VGK Bet-El is genooi om saam met 40 ander jongmense van oor die hele land, aan die See-en-Sand Instituut se Limpopo-staptog deel te neem van 23 Junie tot 4 Julie.
Tydens die staptog gaan hulle leierskap, natuurbewaring, oorlewing in die natuur, kameraadskap en spanwerk leer.
Die groep is hard besig met fondsinsamelings vir dié projek en bied op 17 Junie om 19:00 ’n Gospel Rave aan by VGK Bet-El kerksaal in Groenheuwel waarheen oud en jonk genooi word. Die platejoggie vir die aand is Kim van Rooi, verbonde aan Radio CCFM. Toegang is R10.
More
News
|