’n GAWEMARK word daagliks gehou tot 11 Junie by die Paarlberg NG-gemeente in Noorder-Paarl.
Uitstallers van oral oor sal kom om hul gawes van kreatiwiteit te deel.
Daar sal ’n verskeidenheid van items te koop wees wat juweliersware, houtspeelgoed, ingelegte kosse, gebak, lekkergoed, dekor-items, handwerk en vele meer insluit.
Marktye is daagliks vanaf 10:00 tot 19:00 en Saterdag vanaf 08:30 tot 13:00. Saterdag sal daar ook gratis aktiwiteite vir die kinders wees terwyl pa en ma by die mark is.
Vir navrae, skakel die kerkkantoor by 021 872 8072 of Hilze by 083 2343 546.