Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Taalmuseum stel nuwe leeskamer bekend

Taalmuseum stel nuwe leeskamer bekend
 
2011-06-09


NAVORSERS kan voortaan van ’n spesiaal-ingerigte leeskamer in die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl gebruik maak.

Dié nuwe fasiliteit is deel van die museum se planne om hul argief meer toeganklik te maak en ’n navorsingsentrum op die been te bring.

“Een van die doelwitte van dié navorsingsentrum is om ’n netwerk te vestig tussen alle instellings wat bronne oor die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans besit,” sê Annemarie van Zyl, die museumnavorser.

“Ons het verlede jaar ’n samewerkingsooreenkoms met die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie Biblioteke gesluit waardeur ’n versameling van sowat 230 waardevolle Africana-boeke reeds ’n nuwe tuiste by die museum gevind het.”

Dié boekery is gebou rondom die versamelings van vroeë Afrikaanse boeke, naamlik dié van PJ Nienaber, FCL Bosman, RFM Immelman en DJ Kotzé.

Die tarief vir navorsing in die leeskamer is R30 vir ’n halwe dag en R50 vir ’n volle dag. Die museumnavorser bied ook ’n professionele navorsingsdiens aan kliënte, teen ’n uurlikse tarief.

Die leeskamer is ook te huur as ’n lokaal vir klein vergaderings en lesings. Belangstellendes moet bespreek by Annemarie van Zyl by 021 872 3441 of navorsing@taalmuseum.co.za.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za