Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tienerswangerskap-seminaar gehou

Tienerswangerskap-seminaar gehou
 
2011-06-09


’n SEMINAAR oor tienerswangerskap word op Saterdag 11 Junie vanaf 08:30 tot 13:00 in die saal van die Laerskool Drakenstein gehou. Skole, gemeenskapsorganisasies en kerke is welkom om die seminaar by te woon.

Dit word aangebied deur Kring 2 van die Kaapse Wynland Onderwysdistrik, in vennootskap met die Drakenstein sub-distrik van die Departement van Gesondheid.

Hierdie geleentheid het ten doel om die rolspelers binne die skoolgemeenskap en die breë gemeenskap bewus te maak van die voorkoms en die gevolge van tienerswangerskappe in die Paarl.

Verskillende rolspelers word betrek by die voorkomende- en ondersteuningsdienste om die voorkoms van tienerswangerskappe te verminder.

’n RGN-verslag rakende tienerswangerskap in Suid-Afrika (Augustus 2009), het aangedui dat daar tussen 2004 en 2008 ’n beduidende toename was in leerders wat swanger geraak het.

Enigeen wat ’n bydrae wil maak of die seminaar wil bywoon, kan Sura Swart, (skool-maatskaplike werker van Kring 2, Kaapse Wynland Onderwysdistrik) kontak by 021 860 1220 of ’n epos stuur na susswart@ pgwc.gov.za.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za