Kunsdagboek
2011-06-09
* Eisteddfod. Die Paarlvallei Eisteddfod (PVE) se finale inskrywingsdatum vir deelname aan alle Eisteddfod-afdelings is Vrydag 10 Junie. Sien http://pve.yolasite.com vir meer inligting. Vir navrae, skakel die sekretaris by 083 4741 210 of die Eisteddfod-kantoor by 021 870 1569. * Ongenooides. Fees van die Ongenooides, met Chris van Niekerk, is op 10 Junie om 20:00 te sien by die Breytenbach-sentrum. Die verhale van die karakters word verweef in die voorlesing, met die boereoorlog as agtergrond. Kaartjies is R80 by 082 8121 112. * Kuns. Die uitstalling van Jan Visser, Parys ’95, is te sien by die Grevilleas Galery by die Breytenbach-sentrum tot 7 Julie. * Ray Dylan. Op Saterdag 11 Junie om 19:00 is Ray Dylan te sien by Simonsvlei waar hy gaste sal vermaak met goeie musiek. Kaartjies is R130 per persoon en kan bespreek word by 021 863 3040 of info@simonsvlei.co.za. * Exhibition. The Gallery at Grande Provence Heritage Wine Estate, Franschhoek, proudly presents Back From Paris, an exhibition showcasing lithographs by renowned South African and French artists, held in collaboration with the Rendezvous Art Project, which runs from 12 June until 7 July. This exhibition will be opened by South African artist, Leon de Bliquy, and will feature renowned artists such as Johann Louw, Musha Neluheni, Pontsho Sikhosana, Hanneke Benade, Molefe Thwala and Lehlogonolo Mashaba. * Vermaak. Ghapi is te sien op Saterdag om 20:00 by die Ou Meul-teater in die Paarl. Ghapi is die groot man, met die groot stem, met die groot bos hare, wat sy tromstel aan die brand slaan terwyl hy sing. Nie net gaan hy sy radiotreffers, Ek wil jou hê, In die diepkant in, Wens, Dis net jy en Wie ek is opvoer nie, maar hy gaan jou ook op ‘n “trip down memory lane” neem. Kaartjies is R100 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 564 00 56. * Lollos. Lollos van Lalaland kom kuier by die Ou Meul-teater op Saterdag 11 Junie om 09:30. Dié keer kom maak ’n nuwe karakter, Disco, ook sy verskyning. Saam met Minki Burger en Alta Joubert maak die Lollos-span seker niemand sit stil nie. Kaartjies is R40 en kan bespreek word by Vicky by 083 5640 056. * Sangfees. ’n Gemeenskap-sangfees word ten bate van Sizisa Ukhanyo Trading gehou op 17 Junie om 17:30 by Groendal Sekondêre Skool op Franschhoek. Verskeie kore sal by die geleentheid optree. Vir navrae, skakel 021 867 0075.
More
News
|