Hupstoot vir gemeenskapsentrum
2005-10-20
DIE ontwikkeling van ‘n nuwe gemeenskapsorgsentrum in Paarl vir slagoffers van mishandeling is R10 000 nader aan voltooiing danksy ‘n skenking deur ADT aan die Paarlse Rotariërklub.
Chubby Howell, president van die Paarlse Rotariërklub, wat die tjek in ontvangs geneem het, sę: “Hierdie fondse sal help om die sentrum te voltooi, wat ‘n plek van veiligheid sal wees vir vroue en kinders wat verkrag of andersins mishandel is.
“Die eerste fase van die projek is voltooi, maar ons het nog borgskappe nodig gehad om die akkommodasie te bou sodat die sentrum 'n tydelike veilige hawe kan bied,” sę hy.
Die sentrum word in Bredastraat gebou, agter die Heilsleer-kerkeiendom. Die Heilsleer sal ook die sentrum bedryf.
Die sentrum sal traumaberading vir slagoffers van verkragting en gesinsgeweld bied, asook akkommodasie vir kinders wat weens MIV/Vigs wees gelaat is totdat meer permanente tuistes vir hulle gevind kan word.
Howell sę dat die akkommodasie, met plek vir 40 mense, teen April aanstaande jaar voltooi sal wees.
“Hierdie projek lę die Rotariërs na aan die hart. Die sentrum gaan ‘n noodsaaklike diens bied aan die dele van die gemeenskap wat dit broodnodig het,” sę Howell.
“Ek bedank graag ADT Security vir hul onbaatsugtige borgskap en moedig ander aan wat by hierdie projek betrokke wil raak om met my in verbinding te tree.”
Adrian Good, besturende direkteur van ADT Security, Wes-Kaap, sę: “Veiligheid en sekuriteit in die Paarl-gemeenskap strek veel verder as om net jou eiendom te beskerm. Ons is verheug dat ons ‘n bydrae kon lewer tot hierdie uitstekende inisiatief, wat sal help om ‘n verskil in die lewens van vroue en kinders te maak.
“Die Rotariërs doen uitstekende werk en ek moedig graag ander mense en maatskappye aan om by hulle projekte betrokke te raak, ” sę hy.
Vir verdere inligting, skakel Chubby Howell by 869-8066 of stuur ‘n e-pos aan chubby@ donkerhoek.co.za.
More
News
|