VRYDAGNAGTE en Saterdagnagte word die Paarl se strate gebruik om resies te jaag tot groot ergernis van die inwoners. Vrydag 27 Mei het die jaery aangegaan vanaf 12 uur die nag tot 3 uur die oggend.
Is daar dan geen owerheid wat dit kan stopsit nie? Dit grens aan teistering en is rusverstorend en onwettig. Indien ek die rus sou verstoor vir my bure kan hulle die polisie skakel en hulle sal my gou kom stil maak - hoekom dan nie ook die jaers stop nie? Dit gaan al vir jare so aan en niemand stop dit nie.
Die polisie en die verkeersowerhede kan dit albei stop, nou weet ek nie of die een wag vir die ander om op te tree nie. Ek doen ’n beroep op albei om nou daadwerklik op te tree.
Almal wil graag ’n rustige nag geniet.
C Payne