DIE toneelstuk Die Naaimasjien met Sandra Prinsloo is by die Ou Meul-teater te sien op Donderdag 9 en Vrydag 10 Junie om 20:00.
In November 2008 word Rachelle Greeff se debuut-teaterteks, Die Naaimasjien, uit 65 inskrywings bekroon met die Nagtegaal Teaterteksprys.
Hierdie eenvrouvertoning gee ’n blik op ’n tyd wat reeds lank verby is. ’n Tyd van baba-booties, melkafleweraars, kouse met nate en moerkoffie.
Magdaleen is ’n unieke aanwins tot die skatkamer van klassieke Afrikaanse vrouekarakters soos sy by haar Bernina sit en terugkyk oor ’n lewe wat ook ’n vervloë deel van Suid-Afrikaanse geskiedenis saamvat.
Hierdie produksie vier ook Sandra se terugkeer na die soloverhoog.
Intussen het Die Naaimasjien reuse-sukses behaal met vol sale en staande ovasies.
Die produksie word aangebied deur, Joho! Produksies, met regie deur Hennie van Greunen. Jeanne Steenkamp is verantwoordelik vir verhoogbestuur.
Kaartjies is R120 per persoon en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 5640 056 of vstemmet@gmail.com.