Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Trofee vir veiligheid

Trofee vir veiligheid
 
2005-10-20


DIE firma Rémey Konstruksie, lid van die Rémey Groep, het vir die tweede agtereenvolgende jaar die MBA veiligheidstrofee gewen vir die beste toepassing van beroepsveiligheid vir projekte in die klas meer as R10 miljoen.

Die toekenning is op 28 September tydens die algemene jaarvergadering van die Boland Meesterbouersvereniging te Paarl aangekondig.

Die sukses van Rémey se besonderse prestasie word toegeskryf aan die veiligheidskoördinering en ondersteuning deur die maatskappy se Departement Menslike Hulpbronne, Rémey se veiligheidsprogram wat interne opleiding insluit, die ontwikkeling van veiligheidsbewustheid onder personeel en subkontrakteurs asook die samewerking deur die maatskappy se personeel.

Rémey Konstruksie is al uit verskeie oorde gekomplimenteer met die wyse waarop veiligheid op terreine hanteer word.

In ‘n onlangse verslag deur ‘n kliënt se onafhanklike veiligheidskonsultant, is geskryf: “Dit is duidelik vanweë perseelbesoeke en daaropvolgende gesprekke met die hoofkontrakteur se korporatiewe veiligheidsverteenwoordigers dat die hoofkontrakteur hoogs onderleg is ten opsigte van veiligheid en toepaslike wetgewing.

“Die maatskappystelsels en -prosedures ten opsigte van beroepsgesondheid en -veiligheidswetgewing oortref in sekere opsigte die voorskrifte van die Beroepsgesondheid en -veiligheidswet asook konstruksieregulasies.”

Meyer is ook eenparig aangewys as President van die Boland Meesterbouersvereniging.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za