Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2011-06-09


KRIEKET

* Paarl-Oos se krieketklub hou op 15 Junie (18:30) ’n bestuursvergadering by Bougaardstraat 41 en op 26 Junie (14:30) hul algemene jaarvergadering by die New Orleans-klubhuis. Skakel vir Andrew Apollis by 021 862 5594 of 083 689 0017. Hulle jaarfunksie is uitgestel tot September en hul jaarlikse gholftoernooi vir volgende jaar is op 12 April 2012.

* Die SR Radiators Young Peoples Krieketklub beplan ’n voorseisoense toer na Port Elizabeth vanaf 16-19 September.

) RUGBY

* Paarl Rangers het eerskomende naweek ’n loslootjie, maar beplan ’n samekoms. Spelers word versoek om op die oefenveld te wees vir die finale reëlings. Op Sondag 26 Junie beplan hulle om die VGK Huguenot te besoek.

* Die Riverstones Old Boys, wat dien as ’n welsynsorganisasie en uitreik na minderbevoorregtes, nooi alle oudspelers om by hulle aan te sluit. Kontak enige van die bestuurslede vir meer besonderhede. Skakel Coenie Lesch by 072 6595 415 vir meer inligting.

* Young Gardens oefen Dinsdae en Donderdae te Daljosafat vanaf 18:00. Alle voornemende en nuwe spelers en belangstellendes is welkom. Vir enige navrae, kontak Mario by 021 870 1080 (W) of 082 380 2680.

* Young Peoples het die naweek ’n loslootjie, na hul oorwinning oor Collegians Saterdag op Daljosafat. Volgende week speel hulle tuis op die Faurestraat-stadion teen Primrose.

* Violets speel hierdie naweek ’n baie belangrike wedstryd op Daljosafat-stadion teen Young Gardens. Hulle bied ook eerskomende Vrydag ’n rooti- en kerrie verkope teen R15 aan. Die rooties kan by Jacobstraat 13 afgehaal word teen 17:00. Die klub nooi ook alle oudspelers uit om ’n vergadering by te woon op Maandag 13 Junie (19:00) by die Bethelkerk om die Old Boys-klub op die been te bring. Violets se juniors oefen Dinsdae en Donderdae om 17:00 by Paulus Joubert Sekondêre Skool.

) NETBAL

* Die Paarl Netbalklub se oefeninge is op Maandae en Donderdae om 18:15 op die Zanddrift-bane. Alle belangstellendes kan Annelie Lucas by 083 377 2232 of Bennie Saayman by 083 462 6311 skakel.

) SOCCER

* A Youth Day soccer tournament will be held on 16 June at the Boy Louw fields in Paarl. U.18, u.16, u.14, u.11 and girls’ teams will take part. Application forms are available from Tony Litchfield at manyano@eject.co.za or 084 515 1416 or for information, contact Maxie Keet 078 337 7346.

* Paarl Soccer Club is celebrating its 50th anniversary. All life members, honorary life members and all former members of the club are invited to join the celebrations. The club is in the process of establish­ing a special committee to facilitate the organising of these celebrations. For more info, please contact Lionel Matthee at 072 239 2181 or 021 807 4847.

) BOOGSKIET

* Die Paarl Boogskietklub oefen elke Woensdag en Saterdag vanaf 15:00 tot 18:00 by die Nelson Wynlandgoed. Vir inligting, kontak Louis by 021 870 1257.

) ATLETIEK

* Die Korrektiewe Dienste se halfmarathon wat eerskomende Saterdag sou plaasvind, is gekanselleer.

) GESTREMDES VERGADER

* Die Boland Sportvereniging vir Liggaamlik Gestremdes vergader vanaand om 18:30 by Worcester se Tennisklubhuis te Bolandpark op Worcester. Klubverteenwoordigers van al die geaffilieerde klubs moet teenwoordig wees. Enige gestremde persoon wat by die klub se aktiwiteite wil inskakel, is welkom om die vergadering by te woon. Kontak die vereniging se sekretaresse, Avril Farao, vir enige navrae by 082 770 3071, 023 342 3770 (W), 023 347 1508 (f) of bolandsapd@lantic.net.

) MOUNTAIN-BIKE

For the seventh year, Dirtopia is organizing the popular Nine-to-Five Mountain-bike Team Relay on Delvera Farm near Stellenbosch. This eight hour event is taking place on 16 June. The costs are R110 to R165 depending on the category with a discount to Amarider members. For further details, contact www.dirtopia.co.za or theteam@dirtopia.co.za or 021 884 4752.

) SCHOOLS’ REFEREE COURSE

The WP Rugby Referees’ Society, in association with SARU and WP Rugby, will be hosting two special referee courses for potential referees from 27 to 29 June at the Jan Kriel School in Kuils River.

The cost is R550 and will start on the Monday at 14:00. Learners from the age of 14 can attend. Contact Tracey Dunbar at 021 659 4502 (o/h) or tdunbar@wprugby.co.za .




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za