Uithaler-rugby op Boland-stadion
2011-06-09
VIR rugbyliefhebbers wag daar eerskomende Woensdag (15 Junie) uithaler-rugby op Boland-stadion wanneer die Boland en WP Rugbydag aangebied word en ’n verpligte vriendskaplike wedstryd tussen die Boland Kavaliers en die Westelike Provinsie plaasvind. Verskeie wedstryde word op die hoof- en B-veld beslis en die aksie begin reeds om 13:00. Die toegang is R10 vir volwassenes en kinders. Die program is soos volg: hoofveld - 18:00 Boland Kavaliers teen Westelike Provinsie, 16:15 Boland o.18 Cravenweek teen WP o.18 Cravenweek en 15:00 Boland o.13 Cravenweek teen WP o.13 Cravenweek. B-veld - 16:15 Boland Grant Khomo o.16 teen WP Grant Khomo o.16, 15:00 Boland Akademie o.18 teen WP Akademie o.18, 13:45 Boland o.16 Meisiespan teen WP o.16 Meisiespan en om 13:00 Boland o.13 XV teen WP o.13 XV.
More
News
|