Driekamper gaan in Hawaii deelneem
2011-06-09
Sanja Murray (24), ’n driekamp-atleet van die Paarl, is gekies om Suid-Afrika tydens die Xterra Wêreld-driekampkampioenskappe (swem, fietsry en hardloop) in Hawaii te gaan verteenwoordig in Oktober.
Murray sal die geleentheid ook gebruik om geld vir die Race for Grace-projek in te samel. Sy het reeds by ’n vorige geleentheid R22 000 vir dié projek ten bate van sendingwerk ingesamel.
Ongeveer 40 lande gaan aan die kampioenskappe deelneem en sowat twintig atlete van Suid-Afrika sal daar wees. Vir meer inligting, kontak haar by 082 395 8236 of sanja.biokin@gmail.com en besoek ook die webtuiste www.kga.org.za.
More
News
|