Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Toneelspelwerkswinkel gehou

Toneelspelwerkswinkel gehou
 
2011-06-15


DAAR is slegs 20 plekke beskikbaar vir die eerste “Acting for the Camera”-werkswinkel wat oor twee sessies van twee uur elk, op Dinsdag 26 Julie en Dinsdag 2 Augustus vanaf 18:00 tot 20:00, aangebied gaan word.

Die werkswinkel, wat deur Tamarin du Toit en Alwyn Kotze aangebied word en gefasiliteer word deur Beenaf produksies (Lindy Kriek en Sophia Passerini), se intensiewe vier uur lange program word opgedeel in twee sessies.

Die fokus sal val op die tegnieke van toneelspel voor die kamera en die oudisieproses.

Deelnemers aan die werkswinkel sal ook die geleentheid kry om ’n kamma-advertensie te skiet voor regte kameras. Hierdie “advertensies” sal dan in die klas teruggespeel en bespreek word.

Wenke oor hoe en waar om ’n agent te kry na afloop van die werkswinkel, sal ook gegee word. Die koste is R250 per persoon. Skakel 083 419 1878.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za