DIE Frank Pietersen Musieksentrum hou gedurende die week van 20 tot 23 Junie hul jaarlikse oudisies vir plasing van musiekstudente in 2012.
Enigeen wat belang stel om ’n musiekinstrument te bespeel of om sanglesse te neem, kan ’n afspraak reël by die musieksentrum se kantoor by 021 872 2123/4.
Die kantoor is oop op Maandae tot Donderdae, vanaf 10:00 tot 13:00 en vanaf 13:45 tot 18:00. Op Vrydae is hulle oop tussen 08:00 en 12:00 en tussen 12:45 en 16:00.
Volwassenes, laerskool- en hoërskool- leerders is welkom. Onderrig word gegee in viool, altviool, tjello, dwarsfluit, hobo, klarinet, saksofoon, trompet, skuiftrompet, franse horing, tuba en orkestrale perkussie, asook klavier, klassieke kitaar, blokfluit en individuele sang.
Onderrig word ook aangebied in Afrika-perkussie en in jazz, met instrumente soos die klawerbord (keyboard) en elektriese kitaar.