OP Donderdag 16 Junie om 20:00 is Pa... vir Dummies te sien by die Ou Meul-teater.
Pa... vir Dummies is ’n nuwe solostuk met Neels van Jaarsveld, die Eish-man, in die rol van Dries Klopper (28), wie se doodgewone, lekker lewe ontwrig word deur die oorweldigende uitdagings van vaderskap.
Dis ’n helse skok vir sy sisteem en nie noodwendig ’n aangename een nie. Soos soveel jong pa’s voor hom, kon hy nooit die aardskuddende, onthutsende veranderinge en aanpassings in sy lewenstyl voorsien nie, wat nog te sê verwerk. Hy sien homself as heel verlig en ingelig oor sake van die dag, ’n metro-pa wat darem skeer en sweetweerder aanspuit, ’n sensitiewe outjie wat vroue- en babataal probeer verstaan. Kaartjies is R100 by Vicky Stemmet by 083 5640 056.